Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 32

ADVERTENSIE-ARTIKEL

betroubare adviseurs wat boere met vertroue in hul boerderye kan insluit. Hulle woon dikwels in dieselfde gemeenskappe as die boere en bied heeljaar diens en kundige advies gegrond op gedetailleerde kultivar-kennis en datagedrewe insigte.”

Die afgelope honderd jaar se sukses skep die vertroue onder produsente dat Pioneer vir nog’ n eeu en meer teenwoordig sal wees. As deel van die viering beplan Pioneerverskeie geleenthede soos boeredae in Maart, deurlopende plaas-besoeke en’ n sterk teenwoordigheid by NAMPO.

In Suid-Afrika én in die buiteland het die maatskappy ook’ n verbintenis tot gemeenskapsdiens gemaak deur 100 000 ure se vrywillige werk deur hul personeel en agente. Hulle word die tyd en aanmoediging gegee om betrokke te raak by opheffingsprojekte van hul keuse. Pioneer Saad Suid-Afrika is’ n entoesiastiese deel van hierdie beweging wat fokus op voedselsekerheid en wetenskapsprogramme.

Snyman sluit af deur te sê:“ Ons nooi Suid-Afrikaanse boere, agente en ander belanghebbendes uit om deel te wees van hierdie mylpaal, wat vir ons die eerste tree van die volgende eeu van volhoubare en winsgewende landbou verteenwoordig.”

Vir meer inligting oor Pioneer Suid-Afrika se 100-jaarviering, gesels met jou plaaslike Pioneer-agent, stuur’ n e-pos aan info. rsa @ pioneer. com of besoek hul webwerf by www. pioneer. com / za. Hou ook hul sosialemediaplatforms dop.

32 GROND TOT MOND FEB 2026