ADVERTENSIE-ARTIKEL
Pioneer se eeufees:
Die begin van die volgende 100 jaar se landbouuitnemendheid in Suid-Afrika
Pioneer,’ n wêreldleier in die verskaffing van landbouoplossings en-saad, vier sy honderdste bestaansjaar. As deel hiervan beklemtoon Pioneer hul diepgewortelde vennootskap met Suid-Afrikaanse boere.
“ Net soos Pioneer boere wêreldwyd die afgelope eeu ondersteun het, staan ons reg om die volgende 100 jaar saam met Suid-Afrikaanse boere aan te pak,” sê Jaco Snyman, Besigheids-bestuurder van Pioneer Saad Suid- Afrika.
Die handelsmerk, wat 100 jaar gelede deur Henry A. Wallace gestig is, is gebou op’ n nalatenskap van innovasie, volharding en’ n onwrikbare verbintenis tot produsente. Sedert hulle die eerste bastermieliesaad ontwikkel het, was Pioneer nog altyd aan die voorpunt van landbouontwikkeling. Danksy’ n diepgaande begrip van die unieke grondomstandighede, klimaat en die uitdagings wat Suid- Afrikaanse boere daagliks trotseer, is die maatskappy se
30 GROND TOT MOND FEB 2026