Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 29

BROKKIES | NUUS

verminder word sonder om individuele ondernemings te verpletter, en kan maatskaplike toelaes geleidelik afgebou word namate meer mense volhoubaar in diens kom.

AgriSA sê hy bly verbind tot konstruktiewe betrokkenheid by die Departement van Indiensneming en Arbeid en die betrokke kommissie. Die organisasie sal voortgaan om te beywer vir’ n bewysgegronde beleidsbenadering wat beide werkerswelsyn en die langtermynvolhoubaarheid van Suid-Afrika se voedselsekerheid, landelike indiensneming en die winsgewendheid van landbouondernemings in ag neem.

“’ n Stelsel wat beoog om werkers te beskerm, maar terselfdertyd werkskepping vernietig, help uiteindelik niemand nie.”

In die lig van die huidige ekonomiese werklikheid, stygende insetkoste en rekordhoë werkloosheid, meen TLU SA dat daar geen ruimte is vir’ n verdere verhoging

in die minimumloon nie. Die organisasie doen’ n beroep op die regering en die Minimumloonkommissie om beleid te volg wat werkskepping, volhoubare ondernemings en langtermyn ekonomiese groei vooropstel – nie korttermyn politieke simboliek nie.