NUUS | BROKKIES
gesondheidstelsel wat marktoegang benadeel, en tariefhindernisse in prioriteitsmarkte. In hierdie omgewing is die handhawing van koste-mededingendheid noodsaaklik om werkgeleenthede en uitvoerinkomste te behou.
Moontlike alternatiewe en’ n bewysgegronde pad vorentoe
TLU SA voer aan dat loonbepaling groter ruimte moet laat vir markkragte soos vraag, aanbod, vaardighede, ervaring en produktiwiteit. Verder behoort daar ruimte te wees vir gedifferensieerde loonvlakke volgens sektor, streek, ondernemingsgrootte en ekonomiese werklikhede. Wat op’ n groot stedelike onderneming van toepassing is, kan nie sonder meer op’ n plaas of klein besigheid in’ n landelike gebied afgedwing word nie.
Die organisasie stel ook voor dat alternatiewe benaderings oorweeg moet word, soos gedeelde verantwoordelikheid tussen die staat en werkgewers. Dit kan byvoorbeeld geskied deurdat die staat’ n inkomsteaanvulling voorsien vir lae-inkomste werkers, terwyl werkgewers’ n basiese loon betaal. Só kan werkloosheid
28 GROND TOT MOND FEB 2026