Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 27

BROKKIES | NUUS

’ n skeidslyn word tussen“ ek kan nog iemand aanhou” en“ ek moet nou sny”. Dit is ook waarom die Grond tot Mond-peiling in 2024 so onrusbarend bly: boere se mees algemene“ plan” om die verhoging te hanteer, was nie uitbreiding of nuwe aanstellings nie, maar minder poste en minder ure.

Terselfdertyd bly werkloosheid op’ n krisisvlak van 33,9 %. In só’ n konteks het elke beleidsbesluit oor lone verreikende gevolge. Wanneer arbeidskoste bo produktiwiteit en ekonomiese realiteite uitstyg, word ondernemings gedwing om arbeid te vervang met meganisasie, herstrukturering of afleggings. Die eindresultaat is minder werksgeleenthede en meer mense wat in die informele sektor of op staatstoelaes beland.

“’ n Stelsel wat beoog om werkers te beskerm, maar terselfdertyd werkskepping vernietig, help uiteindelik niemand nie,” sê Van Zyl.“ Dit is beter om meer mense in werk te kry teen volhoubare lone, as om minder mense teen administratief opgelêde vlakke in diens te hou terwyl miljoene uitgesluit bly.”

Uitvoerbedrywe en die stryd om mededingend te bly

AgriSA beklemtoon dat landbou’ n strategiese rol in landelike gebiede speel en steeds’ n groot werkgewer is, met byna een miljoen werkgeleenthede. Tog bly indiensneming in landbou besonder sensitief vir klimaatskokke, winsgewendheidsuitdagings en stygende insetkoste.

Uitvoergerigte bedrywe soos sitrus, tafeldruiwe, neute en wyn bly veral blootgestel aan stygende arbeidskoste. Hierdie bedrywe funksioneer in hoogs mededingende wêreldmarkte waar Suid-Afrikaanse produsente reeds strukturele uitdagings in die gesig staar. Dit sluit in hoë vragkoste, druk op hawens,’ n verswakte diere-

FEB 2026 GROND TOT MOND 27