DEUR DIE LENS
kan dra. Hulle gebruik ook biologiese beheer waar hulle kan, en bou’ n stelsel wat op langtermyn volhoubaar is eerder as’ n vinnige oplossing vir net hierdie seisoen.
Wat Hannes veral waardeer van rosyntjies, is dat dit vir’ n boer’ n bietjie meer voorspelbaarheid kan gee. Tafeldruiwe is’ n hoë risiko spel. Jy pak en versend, en eers wanneer die klant die druiwe klaar geëet het, is jy regtig uit die gevaar. Met rosyntjies werk dit anders. Die prys is grootliks’ n wêreldprys en jy weet min of meer waarvoor jy in is. As jy die produk kan berg en wag vir’ n beter prys, plaas dit jou in’ n sterker posisie.
Hy bly egter waaksaam. Goeie pryse lok altyd nuwe produsente en dit kan maklik tot ooraanbod lei. Hy het al
FEB 2026 GROND TOT MOND 15