Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 14

DEUR DIE LENS

Hannes erken dit is nie die maklikste pad nie. Organies beteken jy werk met strenger reëls, minder opsies en meer risiko. Dit kos ook meer, en hy skat die proses kan tussen twintig en dertig persent duurder wees as die gewone manier. Tog is daar’ n premie op die produk, en dit maak die ekstra moeite sinvol, veral as jy oor tyd jou stelsels reg kry en leer hoe om slim te produseer sonder om jou kostes te laat weg hardloop.

Vir hom begin alles by die grond. Hulle maak hul eie kompos en werk oor jare daaraan om’ n mengsel te ontwikkel wat vir hulle grond en omstandighede werk. Dis nie iets wat jy vinnig regmaak nie. Hy praat daarvan as grond herstel, as’ n terug werk na iets gesonder, iets wat

14 GROND TOT MOND FEB 2026