Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 13

DEUR DIE LENS

Die helfte daarvan word vir droogdruiwe benut, met Selma Pete en Merbein wat hulle al goed leer ken het. Die ander helfte is tafeldruiwe wat op die plaas self verpak en na bestemmings oorsee versend word.

Wanneer die rosyntjie oes afkom, skuif die tempo op die werf. In die pakstoor staan die kratte en sakke rosyntjies regop, netjies en vol belofte. Hier kan hulle tot 400 t berg. Die rosyntjies word eers vooraf gegradeer voordat dit aangestuur word na verwerkers. Vir Hannes is dit belangrik dat elke stap ordentlik gebeur, want in landbou bou jy nie net’ n oes nie, jy bou ook vertroue by jou kopers en jou mark.

Boplaas is ook’ n kommersiële droër. Hulle het hul eie droogbane en koop ook rosyntjiedruiwe in van ander streke om volumes te verbeter. Dit is’ n prys gedrewe besigheid en die rosyntjies gaan na verskeie verwerkers. Wat vir hulle al hoe meer tel, is die groeiende vraag na organiese rosyntjies.

FEB 2026 GROND TOT MOND 13