Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | страница 12

DEUR DIE LENS

DEUR DIE LENS

HANNES ROSSOUW | BOPLAAS Fotografie: Mia Truter

Op Boplaas buite Klawer is rosyntjies nie net iets wat uit druiwe“ oorbly” nie. Dit is deel van die hartklop van die plaas. Hannes Rossouw praat oor rosyntjies soos iemand wat presies weet hoe min’ n mens die weer kan beheer, en hoe belangrik dit is om jou planne so te bou dat jy kan bly staan wanneer dinge knyp.

Hy en sy pa, Gielie, het oor jare’ n onderneming gevestig met verskillende bene om op te staan. Druiwe is die groot fokus, met ongeveer 90 ha onder produksie.

12 GROND TOT MOND FEB 2026