GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 48

PEDROSKLOOF | BOERBOKKE
Berto se pa het hierdie dam binne twee maande voltooi met spanne wat 24 / 7 gewerk het .
Die verskil is van so ʼn aard dat Berto en sy bure gereeld sneeu kry – en die verskil in hoogte bo seespieël is ʼn skamele 250 m .
Seker die belangrikste verskil is reënval . Pedroskloof ontvang gemiddeld 340 ml ( teenoor 150 ml in die Sand ). Die rede hiervoor is dat die plaas ná aan die platorand lê . Ironies kom die wolke oor die laagliggende gebiede , soos die Sand en Kamieskroon , en word teen die berg vasgedruk en gemelk .
“ Dit is egter nie te sê ons het beter veld as daar onder nie . Hier is ook maar baie suurveld as gevolg van die meer reën .”
SESDE GESLAG ARCHER ’ S
Wederhelf , Sulene , sluit by ons aan en Berto staan gereed om te vertel hoe hulle twee se huwelikspaaie gekruis het . Sy maak hom plotseling stil .
Dit is voldoende om te sê Sulene het by Agrimark Springbok die tuig as kredietbeheerder opgeneem . Berto se pa het haar daar raakgeloop , huis toe gekom en kordaat vir sy seun , toe al ʼn oujongkêrel-in-wording , gesê : “ Ek het vandag jou toekomstige vrou ontmoet .” Pa was heldersiende .
Berto verstaan die natuurwette baie goed en veral daardie kardinale een :
48 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023