GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 47

BOERBOKKE | PEDROSKLOOF altyd gesê : ‘ Verandering van werk is ook ʼn vakansie .’ En dit is só plat , jy sien veertien dae in jou toekoms in .”
Daar is daadwerklike verskille tussen die lewe bo-op die berg by Kamieskroon en dié daaronder . Die temperature verskil byvoorbeeld met gemiddeld sewe grade .
“ Ek sal in die oggend hier wegry met ʼn dik jas aan , want dit is minus drie grade en dan kom jy op die dorp aan en die ouens loop rond in T-shirts .”
Hierdie temperatuurverskil beteken die veld bo-op die berg is aansienlik anders as onder die berg . Berto se veld bestaan dus nie uit perdebos en skaapbos wat die skaap en bok graag vreet nie . En die blomme onder sal al geil staan dan is daar nog niks bo nie . “ Maar as hulle blomme af gaan , staan ons s ’ n weer op . Daar is egter ook ander uitdagings . Waar die ou onder al weiding vir sy vee het , moet jy jou storie hier bo aanpas omdat jy drie maande agter is . Hy sal lankal al opgehou voer het , dan moet jy nog voer . Dit bepaal ook wanneer jou diere gaan lam .”
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 47