Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 99

Bo: Willie van Niekerk en sy kleinseun, Jan-Willem( 2), kuier bietjie by die kalfies.

Sy bestuurspan is vir hom van uiterste belang. Niekie help aan die saaiboerderykant waar dit met die melkery oorvleuel en die kuddebestuurder, Jaco Conradie, is‘ n staatmaker. Geduld Klein, wat reeds jare op die plaas is en ook vir sy pa en oom geboer het, is‘ n ou hand wat jare se ondervinding het. Sy pa help geweldig baie met raad en eerlike terugvoer.“ Arbeid is nie duur nie. Oneffektiewe arbeid is duur. Gelukkig het ons‘ n baie positiewe span en help die werkers tussen die afdelings op die plaas, veral oor naweke.“ Opleiding is kardinaal in enige besigheid want dit sluit onnodige onkostes uit. As die werkers ingelig is oor wat van hulle verwag word, is dit maklik om daarop voort te bou. Elkeen neem verantwoordelik vir die rol wat hy / sy moet vertolk. Ek deel erkenning mildelik uit, want juis dit spoor mense aan om ten volle hul kant te bring.”“ Dit is dan ook waarom die LNR-toekenning vir my en my span‘ n groot eer is. Harde werk wat konsekwent gedoen word, sal altyd vrugte afwerp. Ek is baie trots op die span vir dit wat ons vermag het”, sê Wimpie.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 99