LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
KLEINSKAAL MEESTERSUIWELBOER VAN DIE JAAR – CHRISTIAAN TSOLO VAN LETSOLO PT DAIRY, SEBOKENG, GAUTENG
Christiaan Tsolo glo harde werk, geloof en genade is wat sukses bring. Die plaas, Kaalfontein, naby Vanderbijlpark is waar hy en sy twee seuns hul melkery behartig. Met die hulp van die Departement van Landelike Ontwikkeling het hy die grond reeds in 2008 bekom en het sy melkery met 15 Holstein-koeie begin. Die kudde bestaan vandag al uit 62 beeste waarvan tussen 25 koeie gemelk word. Die gesin het‘ n huis in Heidelberg waar sy vrou, Christina, woon, maar op die plaas is waar jy hom altyd sal vind, tussen sy diere. Sy twee seuns, Nelson( 37) en Philip( 32), boer saam met hul pa.
LNR help geweldig met melkstelsels
Christiaan sê die LNR help hom geweldig baie met die melkaantekeningstelsel wat presies wys hoeveel bottervet en proteïene die melk bevat. Melkstatistieke wat hulle vir hom deur gee, help om ingeligte besluite te neem. Die melk word aan Abraham Mohapi Melkery verkoop. Die melklewering is soggens sowat 250 liter en saans 195 liter. Christiaan melk met behulp van drie trolliemasjiene waarop twee beeste gelyktydig gemelk kan word.
Diefstal en arbeidsprobleme is‘ n uitdaging
Probleme wat hy ondervind in sy melkery is onder meer diefstal.“ Die werkers is lui om naweke en oor feestyd te werk. Dit is iets wat ek gaan aanspreek, die komende jaar, en ander werkswyse gaan implementeer om te kyk of ons dit kan oplos. Ons het ook‘ n varkboerdery en daarom is arbeid vir ons baie belangrik. Ons kan nie die boerdery
100 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026