Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 101

LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER

alleen hanteer nie en is afhanklik van arbeiders”, sê Christiaan. Wind en reën speel ook altyd‘ n rol en dit het in die verlede dikwels veroorsaak dat die krag afgaan. In 2021 het Melk SA egter gehelp met bykomende beeste en het hulle sonpanele gedeeltelik gesubsidieer om die kragprobleem te verlig.“ Sedertdien gaan dit baie beter en is ons nie meer van kragvoorsiening afhanklik nie.”

Voer en medisyne is plaaslik bekombaar

Ook die plaaslike agribesighede is baie goedgesind teenoor Christiaan en kan hy enige tyd aanklop vir raad en hulp.“ Party se produkte is duurder as ander, so mens moet maar mooi jou huiswerk doen voor jy jou aankope doen.”“ Dit is van uiterste belang om seker te maak jou somme klop. Voer is duur, maar die beeste eet baie lekker en dan gee hulle meer melk.”’ n Veearts van die Departement van Landbou staan hom baie mooi by met inligting en maniere om siektes te behandel, sê hy. Christiaan is ontsettend lief vir sy diere. Hulle het nie net nommers nie, maar elkeen het name ook en word geroep om in te kom om gemelk te word. Dan kom hulle. Witkop, Sadrag en Masepule is maar enkele van die name wat hy sy geliefde koeie noem.

Christiaan Tsolo( regs) en sy vrou, Christina, links van hom, saam met hul twee seuns: Philip( 32), heel links, en Nelson( 37), tweede van links. Hulle boer naby Vanderbijlpark.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 101