Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 102
Woorde: Clivé Burger | Fotografie: Mia Truter
RIX BOTHA | GROENTE
Woorde: Clivé Burger | Fotografie: Mia Truter
NAAM: Rix-familie – African Leaf Farm Stall AREA: Philippi, Kaapse Vlakte, Wes-Kaap OPSOMMING: Die Rix-familie boer al geslagte lank in Philippi en verbou uitsluitlik groen blaarprodukte soos spinasie, raap, sprietuie, Afrika-krulkool, mosterd, kool en brokkoli.
Philippi, wat aan die suidoostelike kant van Kaapstad geleë is en deel vorm van die Kaapse Vlakte, is al vir eeue bekend vir families wat vir geslagte lank in die omgewing boer. Die area is ook bekend vir die groente wat hier verbou word en wat na raming tot 50 % van Kaapstad se vars groente voorsien.
Een só familie is die Rix’ e, wat al dekades lank bekende boere in Philippi is. Leon Rix( 75) is hier gebore en getoë, en sy familie boer met groente al so lank as wat hy kan onthou. Sy seun, Adriaan, is al sowat 20 jaar lank op die plaas en boer saam met hom.
Nadat Adriaan sy studies aan Elsenburg Landboukollege voltooi het, het hy plaas toe gekom om saam met sy pa te boer.
Heel bo: Leon Rix woon al sy 75 jaar hier in Philippi, waar hy saam met sy gesin boer. Hier is hy saam met sy geliefde worshondjie, Bokka.