LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
Goeie teelmateriaal maak die verskil
Ons boerdery maak staat op goeie genetika. Gemiddeld lewer‘ n Jersey-koei sowat 30 liter en die bottervet- en proteïen-persentasie is hoog. Langlewendheid is van groot belang, want nuwe verse breek eers gelyk met een en‘ n half laktasies. Dan eers begin mens geld maak.‘ n Sewende-laktasiekoei is dus beter as‘ n eerstelaktasievers. In ons kudde poog ons om die gemiddelde laktasie te verbeter.”
Omgewingsimpak word gemonitor
Wimpie meen goeie waterbestuur en die volhoubare gebruik van misdamme gaan al hoe belangriker word. Ons gebruik die miswater en die droë mis weer op die plaas. Water word baie effektief bestuur en daar word nie onnodig gepomp nie.
Amalia Arendse is besig in die melkery tydens melktyd.
98 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026