Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 97

LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER

Bo: Geduld Klein is al jare op die plaas en is’ n ou hand wat weet van raakvat. Hy werk al 37 jaar op die plaas.

“ Die belangrikste element van‘ n volhoubare melkery is om dit eenvoudig te probeer hou. Die beeste moet melk gee, gesond wees en goeie kos kry. Die somme moet natuurlik ook klop. Dit kos sowat R15 000 om‘ n vers groot te kry; dan moet jy seker maak jy maak die regte vers groot.“ Die DelaVal-melkstelsel maak die lewe vir ons baie makliker. Alles is met ons selfone gekoppel en ons reaksietyd is baie vinnig. Waar ons in die verlede sowat 9 ure gemelk het by 270 koeie, melk ons nou 500 koeie in 5 ure. Die kalwers word gevoer met kalfvoermachines. Hul voeding word aangepas volgens hul ouderdom. Hoewel tegnologie baie duur is, maak dit boerdery supermaklik en haal dit die menslike foute uit die stelsel, wat tyd en geld bespaar.”

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 97