LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
Aanvanklik het hulle met sowat 270 beeste geboer, maar in 2017 het hulle‘ n nuwe stal gebou wat gehelp het dat die kudde groter kon groei.
Kernboerderybeginsels wat gevolg word
Wimpie sê hulle probeer die lewensduur van die koeie rek, al beteken dit laer liters op die lange duur. Ons fokus is op hoë bottervet en proteïene. Hulle werk op‘ n volvoerstelsel en‘ n weidingsstelsel. Die toppresteerdende beeste is op die volvoerstelsel en koeie wat later in laktasie kom, skuif oor na weiding. Tweederde van die kudde loop op die weiding en dit verg fyn bestuur. Wanneer die weiding minder raak, voer hulle strooi- en kuilvoerbalen.
Onder: Die kalfies word met kalfvoermasjiene gevoer wat die proses aansienlik vergemaklik, aangesien hulle volgens ouderdom en gewig gevoer word.
96 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026