LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
maar die bottervet en proteïene, waarop ons boerdery veral fokus, is te laag.“ Ek glo‘ n melkboerdery is een van die mees presisieboerderye wat daar is. Ons uitgangspunt is: om te meet is om te weet; daarom is rekordhouding vir ons van groot belang.”
Ontwikkeling oor die jare
“ My pa het byvoorbeeld jare gelede een melklesing in 30 dae gehad, maar nou het ons met elke melking een lesing en kan ons in‘ n maand 60 datapunte gebruik om te besluit of‘ n koei uit die kudde gehaal moet word of nie.” Ontwikkeling in die melkery behels‘ n verkoelingstoring wat die melk van 37 º C tot 20 º C afbring, wat beteken die kompressors kan baie ligter werk. Ons kan ook
Onder: Die melkspan maak seker alles loop seepglad tydens melktyd. Links is Geduld Klein, en regs is( van voor na agter): Valicia( Liesie) Julies, Amalia Arendse en Willem Skippers.
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 93