MEDIUMSKAAL MEESTERSUIWELBOER VAN DIE JAAR – WIMPIE VAN NIEKERK VAN VAN NIEKERK BOERDERY, CALEDON
Wimpie van Niekerk, van die plaas Spes Bona, boer op hul familieplaas in die Caledon-distrik. Hy en sy neef, Niekie, wat die saaikomponent van die boerdery behartig, boer saam. Geslagte boer al so saam en vroeëre jare het hul pa’ s, Willie en Eben, ook saamgeboer. Die melkboerdery is dekades gelede met 12 Jerseyen 6 Ayrshire-koeie begin. Dit is‘ n geslote kudde met kleindogters van kleindogters van die aanvanklike kudde. Hulle gebruik Deense bulsaad om te KI.“ Ons probeer eintlik die Ayrshires uitwerk, want hulle is te groot vir ons stalle en vreet verskriklik baie. Hulle gee wel meer melk,
Bo: Wimpie van Niekerk van Caledon saam met sy vrou, Jané, en hul twee kinders, Lienke( 4) op sy skouers en Jan- Willem( 2).
92 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026