LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
“ Dit is vir ons uiters belangrik om saam met konsultante, voedingskundiges van Nova-voere en veeartse te werk. Elkeen speel‘ n belangrike rol in die bestuur en besluitneming van alle fasette van die boerdery en daarom kom ons ook gereeld bymekaar. Die werkers en bestuurders kry deurentyd opleiding om hulle ook só op die voorpunt van nuwe tegnologie te hou.”
Biosekuriteit en navorsing is essensieel
“ Biosekuriteit is vir ons baie belangrik, veral nou weer in die lig van die onlangse uitbraak van bek-en-klou-siekte. Ons koop geen diere in nie, maar voer wel verse uit na naburige lande in Afrika.
“ Biosekuriteit is vir ons baie belangrik, veral nou weer in die lig van die onlangse uitbraak van bek-en-klou-siekte.”
JK maak gebruik van navorsing en terugvoering waarvolgens hy dan sy bestuurstelsels toets en aanpas indien nodig.“ Ons gebruik die LNR se melkaantekeningskemas met terugvoeringsverslae sodat ons ons kudde kan meet teen dié van ander melkboere. Die uitdagings sal altyd daar wees. Insetkoste en veral elektrisiteit was‘ n groot kopseer veral met al die kragonderbrekings.“ Ons het egter aangepas en‘ n sonplaas opgerig om seker te maak ons kan steeds volhoubaar boer. Dit is vir ons baie belangrik dat die verbruiker die waarde van melk sal besef en eerder‘ n botteltjie melk as‘ n energiedrankie sal koop!”
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 91