LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
se bloed getrek en ons kan dan sien wat die vlak van teenliggaampies in die kalf se bloedstroom was.‘ n Kalf wat goeie biesmelk ingekry het, gaan nie sommer siek word nie, wat weer groot kostebesparings tot gevolg het. JK sê hulle poog om die verse op 14 maande op minstens 430 kg te hê om te kan KI. Wanneer sy goed uitgegroei is met‘ n goeie massa, kan sy op twee jaar reeds in melk kom.
“’ n Kalf wat goeie biesmelk ingekry het, gaan nie sommer siek word nie, wat weer groot kostebesparings tot gevolg het.”
Hulle koop goeie kwaliteit lusern aan en maak jaarliks kuilvoer op sowat 600 ha wat hulle‘ n bietjie vroeër probeer sny vir laer veselvlakke. Die boerdery was vanjaar ook die kategoriewenner vir die kudde met die beste tussenkalfperiode( 375 dae). Hulle sorg dat die diere deur‘ n veearts ondersoek word om te sien of hulle reg is vir hul siklusse. Die eerste siklus word gemonitor en die koeie word geKI in die tweede siklus op tussen 60 en 70 dae in melk. Hoe vinniger besetting plaasvind, hoe beter is die tussenkalfperiode.”
Koeigemak is van kardinale belang
‘ n Gemaklike lêplek in die behuisingskompleks word verseker en kompos, wat op die plaas gemaak word, word gebruik as bedding.‘ n Koei moet lê, gelukkig wees en herkou.“ Ons wil‘ n goeie balans tussen produksie en bottervet verseker. Verlede maand was die gemiddelde hoeveelheid melk per dag weggelewer altesaam 46,5 liter per koei en die bottervet was 4,1 %.
90 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026