Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 89

Bo: JK Basson het’ n groot liefde vir sy diere. Hier is hy saam met’ n kalfie in die kalfhokke.

tweede een. Nuwe verse is toe ingekoop om die kudde te groei en nog behuising is geskep.” Ocean Breeze Holsteins is, soos die kraai vlieg, sowat 10 km van die see af. Die seebriesie wat die plaas bereik, sorg dat dit by hulle koeler is as in die binneland en dit pas die koeie perfek.“ Die diere kan maklik hitte-stres kry, en daarom is daar ook‘ n voerbaan-verkoelingstelsel en waaiers in die stalle en die behuisingskomplekse aangebring om die koeie af te koel.”

Goeie biesmelk is soos goud

“ Ons filosofie is om‘ n gesonde kalf op die grond te kry en na haar te kyk na die beste van ons vermoë. Ons gee die verskalwers hoë kwaliteit biesmelk wat getoets word deur‘ n refraktometer. Ná‘ n paar dae word die kalf

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 89