LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
’ n Eretoekenning is ook aan Boy Blanckenberg van Klipheuwel naby Durbanville toegeken as’ n huldeblyk aan sy visionêre leierskap, onwrikbare steun aan suiwelboere en lewenslange bydrae tot die Suid- Afrikaanse suiwelbedryf. Grond tot Mond het met die kategoriewenners gesels om uit te vind juis hoekom hierdie suiwelboere as die wenners in hul onderskeie kategorieë aangewys is.
GROOTSKAAL MEESTERSUIWELBOER VAN DIE JAAR – JK BASSON VAN JK BASSON FAMILIETRUST
JK Basson het in 1990 saam met sy pa tussen Darling en Yzerfontein begin boer. Hul Holstein-melkery bestaan tans uit 2 700 diere waarvan 1 222 koeie drie keer per dag gemelk word. Die melkery is dekades gelede deur sy oupa met net 160 koeie begin.
Onder: JK Basson van die JK Familie Trustboerdery is vanjaar as die LNR se Grootskaal Meestersuiwelboer van die Jaar aangewys.
86 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026