LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER
Vanjaar se wenners van die Landbou-navorsingsraad( LNR) se 2025 Nasionale Meestersuiwelboertoekennings hoef geen tree terug te staan vir vorige jare se wenners nie. Hulle is elkeen uitstaande in die afdeling waarin hulle met ander melkboere meegeding het. Hierdie kompetisie van die LNR is jaarliks‘ n hoogtepunt op Suid-Afrika se landbou-kalender waar erkenning gegee word aan uitstaande prestasie deur die land se top-suiwelboere. Die kriteria van die kompetisie fokus veral op die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasie-toetsing as instrumente.
DIE WENNERS VAN DIE 2025 LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOER-TOEKENNINGS IS:
• Grootskaal Meestersuiwelboer van die Jaar: JK Basson Familietrust, Darling, Wes-Kaap
• Mediumskaal Meestersuiwelboer van die Jaar: Van Niekerk Boerdery BK, Caledon, Wes-Kaap
• Kleinskaal Meestersuiwelboer van die Jaar: Letsolo PT Dairy, Sebokeng, Gauteng
• Nuwe kategorie: Korrektiewe Dienste Meestersuiwelboer van die Jaar: Goedemoed Korrektiewe Dienste, Maletswai( Aliwal-Noord), Oos-Kaap
• Kudde met die beste somatiese seltelling: Packwood Farm, Knysna, Wes-Kaap, met 170 000 selle / ml
• Kudde met die beste tussenkalfperiode: JK Basson Familietrust, Darling, Wes-Kaap, met‘ n tussenkalfperiode van 375 dae
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 85