Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 82

JAN GREY | AWSA BOER VAN DIE JAAR

Jan:“ Om die skape te verkoop was die moeilikste besluit. Dit was my Pa se passie. My pa het gewerk tot hy in sy boots oorlede is. Hy het’ n vreeslike passie gehad vir die SA Vleis Merino’ s en hy was ook’ n stoetteler en het ook kommersiele skape gehad. Na sy afsterwe het ons besluit om die afdeling toe te maak. Die druk op finansies was maar redelik op die skaapbedryf. Ek het nie die passie gehad wat my pa gehad het vir die skape nie, so ek sou nie reg laat geskied het aan my pa se nalatenskap met die skape nie. Dan is diefstal’ n groot risiko. Diefstal het’ n groot rol gespeel en my pa wat nie meer vir my kon raadgee nie. Ek het’ n kernkudde uitgehou wat 330 ooitjies en’ n paar rammetjies insluit, want my seun is in sy vyfde jaar as veearts-student. As hy eendag wil kom boer, kan hy net so aangaan daar waar sy oupa opgehou het – met sy oupa se genetika.

“ Ek is geplant in Suid-Afrika – dis my land, my mense. Ek baklei saam met almal wat die land’ n beter plek wil maak, al loop alles nie altyd reg nie.”

Ons verkoop nie maklik iets nie – ons hou aan om dit te maak werk! Boerdery is nie altyd winsgewend nie. Party jaar gaan dit maar swaar, daar is maar siklusse in wol, en vleispryse, maar met die voordele van skaal en deur effektiewe bestuur en tegnologie te inkorporeer, deur meer effektief en produktief te boer, probeer ons maar dit wat ons doen te laat werk, sodat ons dit nie hoef te laat gaan nie. Ons maak dit winsgewend.”

82 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026