AWSA BOER VAN DIE JAAR | JAN GREY
Bo: Jan is die AWSA Boer van die Jaar 2025 –’ n erkenning vir visie, presisie, mensebestuur en’ n diep respek vir grond en dier.
GEPLANT IN SUID-AFRIKA
Ten spyte van al die uitdagings waarmee Suid-Afrikaanse boere te make het, praat Jan met passie oor sy toekoms hier. Hy sê hy is’ n trotse Afrikaner en dat hy weet hy sou elders sukses kon behaal, maar dit sou nie dieselfde wees nie. Jan:“ Ek is’ n boer gebore, en dit is my passie. Ek kan nêrens anders gaan boer en so gelukkig wees nie, want jou mense en kultuur bly anders. Ek is geplant in Suid- Afrika, dis my land, my mense, en ek is’ n patriot. Ek baklei saam met almal wat die land’ n beter plek wil maak. Alles loop nie reg nie, maar ons is hier en speel die wedstryd tot op die einde. Ek dink die meeste boere voel maar soos ek.”
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 83