Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 81

Hy is ewe prakties oor water. Die plaas lê in’ n gebied waar reënval nie altyd betroubaar is nie. Daarom is die bestuur van damme, spruite, pype en pompe vir hom net so belangrik soos die bestuur van sy diere. Watermonitering, opknapping van ou stelsels en die doelbewuste gebruik van tegnologie om lekke en verliese te voorkom, is alles deel van die pakkie. Volgens hom kan’ n mens nie verwag dat jou kinders later op dieselfde grond moet boer as jy nie self vandag verantwoordelik met hulpbronne omgaan nie.

FAMILIE EN GEMEENSKAP

AWSA BOER VAN DIE JAAR | JAN GREY

Die moeilikste besluit vir Jan was om die skaapafdeling toe te maak, wat sy pa se passie was.

Onder: In hierdie foto staan Jan saam met sy vrou, Tanya. Agter die boerdery staan’ n sterk familie-eenheid – die waardes van hard werk, geloof en volhoubaarheid loop deur elke besluit.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 81