Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 80

JAN GREY | AWSA BOER VAN DIE JAAR

Bo: Pink Lady-appels geproduseer op Janvos Landgoed.

Ons het bietjie met uitvoere te doen. So dit bietjie randverskansing. Bietjie buitelandse valuta wat jy kan verdien. As jy eers aan die gang is is dit lekker, want jy maak jou kapitale uitgawe aan die begin. Daarna is die boorduitgawes nog maar hoog, want mens spuit chemie, gebruik diesel, en arbeid. Jy moet nogsteeds mooi jou somme maak, maar jou groot kapitale uitgawe – betaal’ n ou gelukkig net een keer.”

DIE ROL VAN WATER, GROND EN BEWARING

Hoewel die fokus dikwels op diere lê, is Jan baie bewus daarvan dat geen van sy ondernemings sonder gesonde grond en water kan bestaan nie. Deurdat die Boran-stoet, en die koeie op weiding in rotasie geplaas word, kry gedeeltes van die plaas kans om te herstel. Deur gewasrotasies met sojabone en grasse word grondstruktuur opgebou. Mieliereste word deel van’ n groter bewaringsplan. Hy praat eerder van praktiese volhoubaarheid as van modeslagspreuke.

80 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026