Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 79

AWSA BOER VAN DIE JAAR | JAN GREY

APPELS:’ N STRATEGIESE VERSKANSING

Die appelboerdery vorm’ n aanvullende deel van die stelsel. Jan verbou Royal Gala, Top Red, Pink Lady, Sundowner en Granny Smith, meestal op M7-onderstamme. Vir bestuiwing plant Jan 10 % Granny Smith by elke kultivar. Hulle begin in week 3 met die pluk van Royal Gala’ s, wat’ n bemarkingsvenster bied omdat dit van die vroegste vars appels in die suidelike halfrond is. Vroeg in Februarie volg Top Red’ s, einde Februarie die Granny Smith’ s, Pink Lady’ s in middel Maart en Sundowners in April. Alle boorde is onder nette vir haelbeskerming, wat terselfdertyd ligverspreiding verbeter en sonbrandskade verminder.

“ Maar die appels is’ n skoon game. Dis’ n lekker deel van die besigheid.”

Water- en temperatuurbeheer is belangrik in hierdie afdeling. Mikrobesproeiing word gebruik om blomme te beskerm teen koue en om die vogtigheid te handhaaf. Die appels word verpak by The Big Apple naby Ermelo. Jan:“ Ons het 30 ha appels wat ons onder nette produseer. Die nette is uitsluitlik vir hael. Elke jaar val daar maar hael, al is dit ligte hael wat dan merkies maak en dan kan ons nie uitvoer nie, maar moet klas-2 pak wat’ n groot inpak maak op ons inkomste. Oprigting van nette is’ n groot kapitale uitgawe. Ons betaal maar duurerig om appels te vestig. Jou gelykbreekpunt kom eers rondom jaar 8, nooit vroeër nie. Dis maar’ n langtermyn belegging. Dit maar amper soos die houtboere wat wattle of bloekom plantasies aanplant – dis maar’ n lang tyd voor jy jou geld terugkry. Maar die appels is’ n skoon game. Dis’ n lekker deel van die besigheid.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 79