JAN GREY | AWSA BOER VAN DIE JAAR
BAKLEI DIE SAAK, MAAR BLY SAG OP DIE MENS
Een van die grootste lesse wat Jan oor die jare geleer het, is om die probleme direk aan te spreek sonder om sy mense persoonlik aan te vat.“ As jy van universiteit plaas toe kom, weet jy maar min. Ek het baie geleer by bestuurders en werkers. Ek het gesien mens moet hard wees op die kwessie, maar sag op die mens.” Met 90 permanente werknemers beteken dit dat mense baie duidelik verstaan hoe hul werk bydra tot die finansiële gesondheid van die boerdery. Hierdie stelsel skep dissipline, maar ook trots. Bestuurders weet wanneer hul afdeling goed presteer. Hulle sien dit in die jaarstate, in gesprekke en in die departementele maandstate.
Links: Jabulane Job Dhlamini; regs: Sipho Albert Lukhele – werkers by Janvos Landgoed met pasgeoeste mielies. Regs: Gewasrotasie met sojabone en grasse bou grondstruktuur, herstel velde en hou die bewaringsplan sterk en volhoubaar.
78 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026