AWSA BOER VAN DIE JAAR | JAN GREY
Rol van graan en voer in die groter stelsel
Die gewasstelsel op Janvos is sentraal tot hoe die hele boerdery funksioneer. Op Janvos word elke hektaar doelbewus ingespan om winsgewendheid te verhoog. Hy maak gebruik van bewaringsbewerkingspraktyke om volhoubaarheid te verseker. Presisietegnologie word gebruik om elke hektaar se volle potensiaal te ontgin. Vir Jan gaan die gewasgedeelte oor risikoverspreiding en doeltreffendheid. Hy verduidelik dat die kombinasie van sojabone en mielies vir hom sin maak omdat dit sy risiko oor twee gewasse versprei en sy implemente optimaal benut.
Onder: Van mielies tot tef – elke hektaar op Janvos word doelbewus beplan om die melkery en voerstelsel volhoubaar te ondersteun.
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 77