Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 76

JAN GREY | AWSA BOER VAN DIE JAAR

Bo: Met meer as 850 geregistreerde diere – waarvan 360 SP – bou die stoet jaar na jaar aan genetiese vooruitgang.

die gehardheid, moedereienskappe en aanpasbaarheid van die Boran wys reeds in die eerste generasie kruisings. Kommersiële boere hou daarvan omdat hulle relatief vinnig resultate sien in hul kalwers se groei, oorlewingsyfers en vrugbaarheid.

Kommersiële logika en genetiese waarde

Jan beskryf die stoet in praktiese terme.’ n Stoetdier en’ n kommersiële dier vreet dieselfde hoeveelheid voer, drink dieselfde water en gebruik dieselfde spasie. Die verskil lê in die waarde wat hulle oor tyd skep.’ n Stoetbul met goeie genetika voeg waarde per hektaar by wat lank ná sy dood nog sigbaar is in die kudde. Vir Jan is die stoet’ n belegging in die toekomstige prestasie en ekonomiese veerkragtigheid van die hele boerdery. Dit skep marge, dit skep nuwe markte, en dit skep genetiese vooruitgang wat oor dekades meetbaar bly.