AWSA BOER VAN DIE JAAR | JAN GREY
Daar word hoofsaaklik verskalfies gebore wat kleiner is, en dus herstel en piek die koeie vinniger – met minder geboortetrauma en sterker produksiepieke. Nou het ons ekstra verse wat verkoop kan word. Ons voer bietjie verse uit na Kenia en Tanzania, want ons vrugbaarheid is so goed dat ons meer verse kry as wat ons benodig,” sê Jan.
Die melkery op’ n mespunt
Die melkery was al twee keer op’ n punt waar dit nie winsgewend was nie. Die vaste kostes was eenvoudig te hoog, en die syfers wou nie mooi saamwerk nie. Jan:“ Ons het twee keer in ons lewe gesit en besluit wat gaan ons doen, toe die melkery nie winsgewend was nie. En toe het ons besluit om groter te gaan sodat ons die kostes deur meer koeie kan deel. Jou deler moet groter word om jou vaste kostes af te bring.” Die besluit om te vergroot het alles verander. Meer koeie het die koste per liter laat daal en die melkery weer op’ n volhoubare pad geplaas. Jan sê die omswaai was nie net skaal nie, maar ook beter bestuur en tegnologie.“ Hier het CowManager’ n helse groot rol gespeel met die vrugbaarheid. Ons het DeLaval se Delpro kuddebestuursprogram ingebring. Delpro gee vir ons insig in melkvolumes, tempo en individuele koeiprestasie in die melkstal, wat die bestuursbesluite nog skerper maak.”
DIE BORAN-STOET: GEHARDE DIERE MET BAIE POTENSIAAL
Die Boran-stoet is die deel van Janvos wat vir Jan langtermyn waarde inhou. Die stoet bestaan uit sowat 855 geregistreerde diere, waarvan ongeveer 360 SP-koeie die