JAN GREY | AWSA BOER VAN DIE JAAR
werk saam om probleme te voorkom en om die rantsoen optimaal ingestel te hou. Die totale gemengde rantsoen bestaan hoofsaaklik uit mieliekuilvoer, mieliemeel, hoë proteïen-konsentraat, melassestroop, brouersgraan en ruvoer, waarvan baie op die plaas self geproduseer word. Die saaiery beslaan 3 200 ha, met blokke GMO en non-GMO-mielies; sojabone, oulandsgras, tef en soms word hawer ook aangeplant. Dit gee aan die boerdery uitstekende beheer oor voerkoste en gehalte.
CowManager en gesekste semen
CowManager monitor elke koei se eetgedrag, beweging, herkou-aktiwiteit, temperatuur, rustye en hitte. Die vroeë waarskuwings maak dit moontlik om mastitis en metaboliese probleme betyds aan te spreek voordat dit ernstig raak.
“ CowManager werk so dat jy kan sien watter koeie is siek … en ons konsepsie syfer het geweldig verhoog.”
“ CowManager werk so dat jy kan sien watter koeie is siek, hoe lank vreet die koeie, watter tyd spandeer hulle om te herkou. Jy kry’ n lys van siek koeie, en dan natuurlik koeie wat op hitte kom, en ons probeer dan op die piek van hitte, kunsmatige inseminasie doen wat ons konsepsie syfer geweldig verhoog het,” verduidelik Jan. CowManager verbeter ook die gebruik van gesekste semen deur akkurate hittebepaling.“ En dan het gesekste semen’ n geweldige bydrae gelewer, want dit gaan oor die kalfgemak van die koei.
72 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026