Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 71

Voeding: van kalf tot hoë produksie

AWSA BOER VAN DIE JAAR | JAN GREY

Vir Jan begin alles by die kalfies.“ Voeding is bitter belangrik. Dit begin met jou kalfies in die hokke en hoe hulle groei. Mens wil nie hê kalfies moet siektes opdoen nie. Ons pas daai kalfies op soos goud van die dag wat hulle gebore word.” Hy beklemtoon hoe belangrik dit is om vanaf dag een streng kolostrum-bestuur te volg, skoon hokke te handhaaf en vars water beskikbaar te hou. Wanneer dit by die melkkoei se voeding kom, bly sy benadering dieselfde: presisie.“ Die koei moet kry wat vooraf uitgewerk is vir hulle,” sê hy. Om dit reg te kry, steun hy op’ n kundige span wat bestaan uit Chris Fourie van Dairy Management Consultants( DMC), suiwelvoedingkundige Schalk Bothma van RumiTrition, herkouervoedingkundige Kenneth Botha van RumiTrition en kuddeveearts dr Danie Nolte. Hulle

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 71