Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 70
Sand as belegging
In die behuising waar die lakterende koeie bly, lê hulle op fyn gewaste sand. Jan verduidelik:“ Dis vir’ n koei die gemaklikste ding om op te lê. Dan het ons die DeLaval Cow Comfort-stelsel ingesit, waar hulle hul koppe kan oplig terwyl hulle vreet – dit help met vertering en bottervet. Dis snaaks hoe so’ n klein dingetjie so’ n groot verskil maak. Ons het ook buigbare stalle, oftewel cubicles, wat meegee as’ n koei teen dit gaan lê, met rubberagtige pype sodat sy nie seerkry nie. Die DeLaval koei-borsels, Swinging Cow brushes, is ook baie gewild onder die koeie en bevorder hulle gemak. So lê die koeie gemaklik en herkou, soos op die strand. Die sand moet aangevul word – koeie gebruik 9 kg per dag deur dit uit te skop en te mors – dus hervul en hark ons dit gelyk. Ons gebruik gewaste sand sonder klei, wat so skoon soos seesand is. Dit kompakteer nooit nie, bly koel en hou hitte-stres aansienlik laer.”