Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 74

JAN GREY | AWSA BOER VAN DIE JAAR

Bo: Die Boran kudde toon die gehardheid en aanpasbaarheid waarvoor die ras bekend is – eienskappe wat reeds in die eerste generasie kruisings sigbaar word.

kern vorm. Die res beweeg deur die opteelfases F1, F2 en F3, waar elke vlak daarop gerig is om die genetiese basis voortdurend te verbeter. Rekordhouding en stamboekregistrasie is’ n sleutelbeginsel, omdat die stoet daarop gefokus is om diere te teel wat in kommersiële veldtoestande presteer.“ Ons is ook besig met’ n opteelprogram.”

Die unieke produksieveiling

Een van die hoogtepunte op die stoet se kalender is die jaarlikse produksieveiling in Mei, wat Janvos saam met hul bure, Opperman Borane, aanbied. Hierdie veiling het oor tyd’ n sterk reputasie opgebou, juis omdat dit nie net suiwer stoetdiere bied nie, maar ook’ n groot aantal Boran kruis-vroulike diere. Hierdie diere is

74 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026