AWSA BOER VAN DIE JAAR | JAN GREY
Janvos Landgoed op die plaas Brakfontein, Mpumalanga, funksioneer as’ n geïntegreerde stelsel waar melkkoeie op koel sand rus, waar die Boran-stoet met hul kenmerkende gehardheid en rustige aard die ruggraat van’ n langtermyn-genetiese strategie vorm, en waar saaigewasse en appels help om risiko te verskans.
Wanneer’ n mens met Jan praat, besef jy vinnig hoe hy boerdery sien: elke deel beïnvloed die ander. Melkproduksie, stoetgenetika, voer, arbeid en kultuur werk in’ n fyn balans saam.
Links: Kuilvoermielies vorm die ruggraat van die TMRstelsel en help om voerkoste, kwaliteit en risiko’ s slim te bestuur.
LIGGING: Janvos Landgoed is op die plaas Brakfontein, naby Davel, in Mpumalanga geleë. MELKERY: Die TMR-melkstelsel melk ± 650 koeie drie maal per dag in’ n 50-punt DeLaval rapid-exit stal. Delpro kuddebestuursprogram en CowManager-tegnologie word gebruik. BORAN-STOET: Die stoet bestaan uit ± 855 geregistreerde diere, waarvan 360 SP-koeie is, met’ n jaarlikse produksieveiling in Mei. SAAIGEWASSE:’ n Derde GMO-mielies,’ n derde non-GMO-mielies en’ n derde sojabone word as kontantgewasse in rotasie verbou. Hawer, oulandsgras en tef word vir voer aangeplant. APPELS: Janvos produseer appels op 30 ha onder nette, insluitende Royal Gala, Pink Lady, Sundowner en Topred. DIE SPAN: 90 Permanente werkers
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 67