Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 68

JAN GREY | AWSA BOER VAN DIE JAAR

Bo: By Janvos staan die melkkoei voorop – vanaf sandbeddings tot ventilasie is alles gefokus op koeigemak en optimale produksie.

GELUKKIGE KOEIE, HOË PRODUKSIE

Die beginsel is eenvoudig:’ n gelukkige koei produseer meer melk. Hierdie beginsel loop deur sy hele stelsel, van die‘ bedding’ tot die ventilasie. Janvos se 50- punt DeLaval Rapid Exit melkstal hou die melkproses vinnig, rustig en doeltreffend. Die koeibehuising en wagareas is oorhoofs bedek, wat in warm maande’ n temperatuurverskil van tot 11 ° kan bring en die koeie koel en gemaklik te hou.

68 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026