Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Página 55
BROKKIES | NUUS
“ Die verskeidenheid kultivars stel ons in staat om verskillende markte te bedien en beperk ook die invloed van wisselende klimaatsomstandighede. Kultivarvernuwing is’ n konstante proses en dit hang af van hoe die kultivar presteer. Maar ongeag hoe goed’ n kultivar is, moet dit winsgewend wees – en deesdae kan jy nie meer produseer as jy minder as 4 000 kartonne per hektaar kry nie.”
Met jong boere soos Francois Rossouw wat betrokke is by landbou, en meer spesifiek die tafeldruifbedryf, is dit duidelik dat moderne benaderings tot volhoubare en winsgewende produksiepraktyke toegepas word.
“ Dit is ook voordelig vir die landbou dat ons as jong boere kan deelneem aan sulke kompetisies, wat ons die geleentheid gee om betrokke te raak by georganiseerde landbou. Die oordrag van kennis en vaardighede na ander produsente binne georganiseerde landbou, en veral na die volgende geslag, is van kardinale belang. Só kan ons help om’ n groeiende en vooruitstrewende bedryf te bou wat wêreldwyd die pas kan aangee,” sluit hy af.