BROKKIES | NUUS
Links: Francois Rossouw saam met sy vrou, Jean-Mari, wie se ondersteuning en maatskaplike werk deel is van Mooigezicht se suksesverhaal. Regs: Francois Rossouw saam met sy pa, Francois sr. op Mooigezicht –’ n familieplaas waar generasies lank se kundigheid en toewyding aan kwaliteit tafeldruiwe steeds vandag voortleef.
Waarom presisie die hart van hul boerdery is
Vir’ n jongboer soos hy is presisieboerdery onontbeerlik. Hy glo dis die werkswyse van die toekoms – en iets wat reeds vandag toegepas moet word.
“ Presisieboerdery is belangrik omdat ons baie intensief boer en’ n komplekse bestuurstelsel gebruik wat talle faktore in ag neem. Ons het baie mense in diens, en as jy besef dat tussen 50 000 en 60 000 trosse druiwe per hektaar tussen vyf en sewe keer deur mensehande hanteer moet word vóór dit geoes word, besef jy dis’ n reuse-taak. Tydsberekening is ongelooflik belangrik.
“ Om produksiepraktyke voortdurend te verbeter, moet’ n mens op hoogte bly van nuwe kultivars, die nuutste en korrekte tegnieke, en seker maak dat dit reg deur die onderneming toegepas word. Dit is van kardinale belang om die gaping tussen kennis en praktyk in presisieboerdery te oorbrug.
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 53