Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 52

NUUS | BROKKIES

Francois vertel dat hy van kleins af’ n liefde vir boerdery ontwikkel het. As boorling van De Doorns het hy sy laerskoolloopbaan daar voltooi en is daarna Hoërskool Stellenbosch toe. Hy het daarna’ n honneursgraad in landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Internasionale insigteenkultivarontwikkeling

“ In 2018 het ek’ n paar maande gebruik om’ n wyer perspektief op die bedryf te kry – ek het kliënte in China besoek, al die afdelings van ons onderneming deurgegaan, en tyd spandeer by’ n kultivarteler in Kalifornië, waar baie van ons kultivars vandaan kom.”

“ Ek het as produksiebestuurder begin. Aanvanklik was dit uitdagend, maar ek het baie geleer deur voltyds betrokke te wees. Dit het my goedgedoen om onder te begin en prakties te verstaan wat elke produksieverantwoordelikheid behels,” sê hy.

Volgens Francois bring’ n familie-onderneming sy eie unieke uitdagings mee, maar dit bied ook wyer toegang tot meer fasette van die boerdery.

“’ n Mens moet seker maak jy trap nie op mekaar se tone nie, maar gelukkig is elkeen se rol duidelik uiteengesit.”

“ My vrou, Jean-Mari, is’ n arbeidsterapeut en speel’ n belangrike rol in die maatskaplike ontwikkeling van ons werknemers. Sy help met die bestuur van fasiliteite vir voorskoolse kinders, kinder- en tienerklubs, leesgroepies en’ n koffiekroeg vir die werkers, en lewer arbeidsterapiedienste soos nodig.”

Francois beklemtoon die belangrikheid van hul arbeidsmag – veral omdat tafeldruiwe soveel handearbeid vereis. Hy glo dit is een van die mees kritieke aspekte van druiweboerdery, veral gegewe die regulasies, wetgewing en voortdurende opleiding. Volgens hom is mensebestuur noodsaaklik vir sukses.

52 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026