Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 51

BROKKIES | NUUS

“ Min of meer die helfte van die plaas se aktiwiteite val onder my bestuur – dit sluit aspekte in soos dag-tot-dag take, die bestuur van chemiese programme, spuit- en waterbestuur, begrotingsbeplanning en personeelbestuur, met alles wat daarmee saamgaan. Ek het ook verantwoordelikhede ten opsigte van strategiese beplanning as deel van Mooigezicht se direksie. Ons oorhoofse doelwit is om volhoubaar produkte van die hoogste gehalte teen die winsgewendste pryse aan die mark te lewer,” som hy sy rol op.

Bo: Mooigezicht Estates se verpakking- en versendingsfasiliteit is’ n toonbeeld van doeltreffendheid. Onder regs: By Mooigezicht word elke tros tafeldruiwe noukeurig gekeur vir kleur en grootte.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 51