Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 50

NUUS | BROKKIES

Heel bo: Francois Rossouw en sy vrou, Jean-Mari, saam met John Steenhuisen, minister van landbou( links), en Jannie Strydom, hoof uitvoerende beampte van Agri Wes- Kaap( regs), tydens die 2025 Toyota SA / AgriSA Jongboer van die Jaar-toekennings. Bo: Francois Rossouw en sy vrou, Jean-Mari, onder die oorvloedige tafeldruiwe –’ n simbool van hul gedeelde passie vir boerdery.

Francois Rossouw bekroon as 2025 se Toyota SA / AgriSA Jongboer van die Jaar!

Francois Rossouw van Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei is pas aangewys as 2025 se Toyota SA / AgriSA Jongboer van die Jaar. Francois boer saam met sy familie op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei op sowat 400 ha produksiegrond, waar hulle spesialiseer in’ n verskeidenheid tafeldruifkultivars. As jong boer wat verantwoordelik is vir alle fasette van die helfte van hul onderneming se produksiepraktyke, rus daar’ n reuseverantwoordelikheid op sy skouers.

50 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026