Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Seite 47

BROKKIES | NUUS

Dairy beklem-toon dat produsente die hoeksteen van hul onderneming is, en dat stabiliteit en voorspelbaarheid prioriteite is.

Hierdie benadering is nie nuut vir die groep nie. Woodlands Dairy het oor drie dekades’ n reputasie opgebou vir volhoubare verhoudings met produsente, en hulle stel dit duidelik dat die oorname nie bedoel is om produsente se bedrywighede te ontwrig nie, maar om oor tyd groter sekuriteit en beter afset te skep.

Nuwe geleenthede vir roumelkproduksie

Hoewel alles voorlopig by die bekende bly, lê daar groter strukturele voordele vir produsente in die vooruitsig. Met Ladismith nou deel van die groep, strek Woodlands Dairy se verwerkingsnetwerk deur groot dele van die land.

Die kombinasie van aanlegte in Humansdorp, die KZN-Midlands en nou Ladismith skep’ n stelsel wat meer roumelk kan hanteer en in verskeie produkte kan verwerk, van UHT-melk tot kaas, botter en poeier.

Hierdie groter voetspoor beteken dat die groep oor tyd meer volumes kan absorbeer. Woodlands Dairy bevestig dat die samesmelting tot groter markstabiliteit kan lei en die geleentheid bied om nuwe produsente by te bring wanneer die vraag groei. Vir boere wat graag wil uitbrei of wat sukkel met wisselvallige afsetmarkte, kan dit’ n belangrike voordeel wees.

Melkversameling en logistiek

Die transaksie maak dit moontlik om roetes slimmer te beplan en om die benutting van verwerkingskapasiteit tussen aanlegte beter in lyn te bring. Woodlands Dairy verduidelik dat die groep se groter netwerk op die lang duur geleenthede vir beter dienslewering kan skep, soos meer doeltreffende melkroetes, korter versameltye en verminderde vervoerkoste in sekere streke.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 47