NUUS | BROKKIES
Woodlands Dairy koop Ladismith Cheese: Wat beteken dit vir suiwelboere?
Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf staan op die vooraand van’ n groot strukturele skuif. Woodlands Dairy Group het aangekondig dat hulle die Ladismith Cheese Company en sy filiale gaan verkry,’ n trans-aksie wat die groep se geografiese voetspoor én sy vermoë om roumelk te verwerk, verbreed. Volgens die amptelike aankondiging sluit die oorname ook Ladismith Powder Company en Mooivallei Suiwel in, wat die groep se produkmandjie aansienlik uitbrei.
Vir boere bly die kernvraag egter eenvoudig: Hoe raak hierdie transaksie my op die plaas? Grond tot Mond het antwoorde by Woodlands gekry om die impak vir produsente duidelik te maak.
Wat kan boere verwag?
Een van die kern boodskappe van Woodlands Dairy se terugvoer is dat die integrasie van Ladismith Cheese nie met skielike of ontwrigtende veranderinge gepaard gaan nie. Produsente wat reeds aan Ladismith lewer, sal voortgaan met hul bestaande reëlings. Die huidige aankoopspan, roetes en strukture bly voorlopig onveranderd. Woodlands
46 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026