BROKKIES | NUUS
La Niña op pad: wat boere in 2025 / 26 moet weet
Klimaatkundiges waarsku dat Suid-Afrika die komende 2025 / 26-seisoen waarskynlik volledig onder die invloed van’ n nuwe La Niña-fase gaan wees. Vir boere in die somerreënvalstreke beteken dit’ n hoër kans op koeler, natter toestande— met groot opbrengspotensiaal, maar ook beduidende risiko’ s.
Volgens die ENSO-verwysingsgroep is die sein nou duidelik: La Niña-toestande neem vinnig vorm aan. In provinsies soos die Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en Gauteng kan bogemiddelde reënval gunstig wees vir gewasse soos mielies, sojabone en sorghum. Koeler temperature kan fotosintese stabiliseer en hittebeskadiging verminder, maar rypwording vertraag en oesvensters verskuif. Boere sal dus hul plantbeplanning en veldtoegang fyn moet bestuur.
Siektes, plae en waterbestuur
Natter toestande bring’ n groter waarskynlikheid vir siektes en plae. Produsente kan veral die volgende tendense verwag:
• meer voorkoms van mieliesmuts,
• groter aalwurmdruk, en
• verhoogde swamsiektes in groente, vrugte en wingerde.
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 35