Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Página 34

NUUS | BROKKIES

in Kaapstad, Suid-Afrika, aangebied gaan word, en ek sien geweldig daarna uit. Onder die tema‘ Opportunities of Change in a Connected World: From South Africa to the World’ beloof dit om’ n uitsonderlike week van gesprek, samewerking en netwerkgeleenthede te wees.

Wêreldklasprogram

Afgevaardigdes word aangemoedig om vroeg te bespreek vir die pre-konferensie-toer wat van 29 tot 31 Oktober 2026 in Stellenbosch plaasvind. Hierdie unieke, persoonlike landbou-ervaring bied beperkte plekke en beloof’ n onvergeetlike voorsmakie van die streek se ryk landbou-erfenis.

Programhoogtepunte sluit in die HUB-konferensie en die Next Generation( NG)-konferensie by FNB Portside, gevolg deur gesamentlike sessies en netwerkgeleenthede in Century City.

Vorige RASC Statebond-Landboukonferensies is reeds in Edinburgh( VK), Brisbane( Australië), Edmonton( Kanada), Livingstone( Zambië) en Singapoer aangebied.

Vennote vir die 2026 RASC Statebond-Landboukonferensie sluit onder meer in die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Hollard, FNB, De Grendel-wynlandgoed, die Suid-Afrikaanse Nasionale Konvensieburo en Wesgro.

Vir registrasie en meer inligting, besoek www. rasc2026. com of www. agriexpo. co. za.

34 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026