BROKKIES | NUUS
’ n Eerste vir kaapstad en hupstoot vir agritoerisme
Die tweejaarlikse konferensie, aangebied deur Agri- Expo in samewerking met die Royal Agricultural Society of the Commonwealth( RASC), bring landbouleiers, beleidmakers, navorsers en jong innoveerders van regoor die Statebond byeen.
“ Dit is’ n eerste vir Kaapstad, en Agri-Expo is baie trots om as gasheer op te tree,” sê Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo en trustee van die RASC.“ Die Wes-Kaap bied’ n dinamiese omgewing waar landbou, innovasie en wêreldklas-toerisme op’ n unieke manier saamsmelt.
Die 31ste Statebond-Landboukonferensie, wat in November 2026 in Kaapstad plaasvind, bring landbouleiers, beleidmakers, navorsers en jong innoveerders van regoor die Statebond byeen.
“ Suid-Afrika is as die poort tot landbou in Afrika ideaal geposisioneer om internasionale afgevaardigdes bloot te stel aan die kontinent se enorme potensiaal en veelsydige landbou-ekonomie.”
Die Wes-Kaap is een van Suid-Afrika se mees produktiewe en mededingende provinsies. Die landbou-bedryf floreer hier, met’ n sterk voedsel- en drankvervaardigingssektor,’ n gevestigde uitvoerbasis en meer as 200 000 mense wat in landbou werksaam is. Die provinsie se vrugbare landbougebiede, internasionale hawe en nabyheid aan Afrika-markte maak dit’ n sleutelspeler in streekvoedselveiligheid en handel.
’ n Wêreldbyeenkoms vir landbou-samewerking
Sir Nicholas Bacon, voorsitter van die RASC, sê:“ Ek is verheug dat die 2026 RASC-konferensie deur Agri-Expo
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 33